Welkom by Ina Eksteen!
Kom geniet ’n unieke kunservaring saam met my by my Kuns, Koek en Koffie-geleenthede, wat maandeliks by ‘n koffiewinkel in Struisbaai plaasvind. Skilder vir twee ure, geniet ’n koppie koffie en ’n stukkie koek en geniet die kreatiewe en kleurvolle geleentheid. As jy meer ernstig is om te skep en te skilder, kom kuier saam by my voldag werkswinkels. My vakansie-kunsprogramme is spesiaal vir kinders en volwassenes wat vakansie hou in die mooie Struisbaai en Agulhas. Ons kunsretreats is vir die meer gevorderde kunsstudent wat blootgestel wil word aan n wyer kunsgenre. Ontdek jou kreatiwiteit en ontwikkel jou eie styl!
Heerlike Skeppende Ervarings in Struisbaai
Raak betrokke by enige van die inspirerende klasse wat ek aanbied en ontdek die vreugde van kreatiewe selfuitdrukking.
Kontak my gerus vir meer inligting en om jou plek te bespreek!

Kuns, Koek en Koffie geleenthede
Die geleenthede is groot pret en word by ‘n plaaslike Koffiewinkel in Struisbaai gehou. Ons hou dit 1 x per maand, maar dit mag uitbrei in 2025. Ons skilder vir 2 ure saam, geniet ‘n goeie koppie koffie en eet ‘n stukkie koek. Of jy nou kan skilder of nie, almal is welkom.

Voldag Kunswerkswinkels
Die is vir die meer ernstige persoon wat graag meer wil leer. Ons behandel verskillende fassette wat insluit: Komposisie | Kleur met toonwaardes | Perspektiewe | Lig en skadu |Tegnieke.
Begin die oggend met jou skildery en stap weg met ‘n volledige kunswerk.
Kontak my gerus!
Kontak my om een van die opkomende klasse by te woon, ek hoor graag van jou!

Vakansie Kunsprogramme
Gedurende vakansietye word spesiale werkswinkels of korter klasse aangebied om deelnemers die kans te gee om nuwe vaardighede te leer of bestaande kennis te verbeter in ’n ontspanne, interaktiewe omgewing. Hierdie geleenthede is geskik vir verskillende belangstellings en ouderdomsgroepe en pas goed by die vakansiedinamiek aan.

Kunsretreat
Gedurende 2025 word 2 kunsretreats gehou met welbekende SA kunstenaars! Dit sal wees vir persone wat reeds begin skilder het, maar graag fyner tegnieke wil leer en meer oor ‘n spesifieke genre.
Dit sal oor ‘n tyd van 3 dae duur. Eie Vervoer en akkommodasie moet gereel word. Die lokaal, middagete/koffie/tee sal gedurende die tyd voorsien word. Kunsmateriale sal voorsien word.

Kostes sluit in
*Ligte verversings
*Alle kunsmateriaal met uitsondering van die
*voldag kunswerkswinkels
*Pryse en tye wissel nav die tipe aanbieding
Kom leer saam, ontwikkel jouself en ontdek jou kuns genre!
Kunsklas Geleenthede Vir 2025
Bespreek jou plek vir een van die opkomende kunsklas geleenthede vir 2025. Kom geniet ‘n koppie koffie en ‘n snytjie koek en leef jouself uit met ‘n kwas in die hand. Of jy nou kan skilder of nie, almal is welkom!
2025 Datums:
- 25 Februarie 25 vanaf 15:30 – 17:30
- 25 Maart 25 vanaf 15:30 – 17:30
- Dinsdag 6 Mei vanaf 15:30 – 17:30
- Dinsdag 17 Junie vanaf 15:30 – 17:30
- Dinsdag 15 Julie vanaf 15:30 – 17:30
- Dinsdag 26 Augustus vanaf 15:30 – 17:30
Voldag Werkswinkels:
Ons begin met ons voldag kunswerkswinkels. Leer meer oor: Komposisie | Tegnieke | Perspektiewe| Kleur en toonwaardes | En vele meer.
Datums:
- Saterdag 24 Mei 25 9 – 4nm
- Saterdag 14 Junie 25 vanaf 9 – 4nm
- Saterdag 26 Julie 25 vanaf 9 – 4nm
Skryf in vir al 3 werkswinkels en kry 10% afslag.
Klasse en werkswinkels word gehou by Lighthouse Art Gallery in Hoofweg, Struisbaai. Kontak Ina vir meer inligting en bespreek jou plek vandag. Lighthouse Art Gallery: 028 205 0042

Elkeen van ons is kreatief - jy het dit net nog nie gewaag nie!
Kom geniet ’n ontspanne en kreatiewe dag by een van my klasse! Of jy al ooit geskilder het of net lus is om iets nuuts te probeer, hier is plek vir almal. Sluit aan by ons volgende klas en ervaar die vreugde van skilderkuns in ‘n ontspanne en vriendelike omgewing!